Heerlike Gedroogde Vrugte vir Jonk en Oud is Amazing!

Heerlike en goeie gedroogde vrugte moet nie vir jou met ’n babelas los nie.

biltong and more heerlike gedroogde vrugte

EK en die meer praktiese boetie van my het gister ’n baie lang gesprek gehad oor hoe sekere tipe lekkers en eet goeters heel besig is om uit te sterf tussen die jong mense van vandag.
Ek onthou daai tyd as ons van die plaas af op die grondpad gery het Swartwater dorpie toe was jou voorland vir die dag ’n vrugterol by NTK!


Heng julle en om eerlik te wees as jy onder 10 jaar is moet ’n ou daardie maar vir die span vat, want ’n kit kat of bar one klink maar net beter! Ek glo ’n ou se pallet pas eers later aan in jou lewe om van droëvrugte te hou maar ons wonder toe nou nogal hoeveel van die jong mense daarvan hou en dit eintlik nog eet.
Dis die dat ons toe besluit het om ons eie studie te doen oor die verbruik van droëvrugte tussen verskillende ouderdomsgroepe mense! En hier gaan ons nou vir julle inligting gee oor wat jy in ’n goeie gedroogde vrug moet verwag.

“Heerlike en Goeie gedroogde vrugte is soos ’n goeie rooiwyn. Hy moet Sulfar vry wees en nie vir my met ’n babelas los nie” Henkie le Roux

Organies is Beter.

Goeie en heerlike gedroogde vrugte word aan ’n hele paar einskappe gemeet soos kleur, vorm van produk, hoe hy natuurlik proe, tekstuur, en dan natuurlik die preserveermiddels wat teenwoordig is.
In vandag se tyd hoef jy nie eers baie skerp te wees om te besef dat hoe meer organies ’n produk is hoe beter.

Swaeldioksiede en Sulfiet (E220 – E228) kom algemeen voor in ’n groot verskeidenheid van voedsel soos bier, vrugtesap, wyn, droëvrugte en vleisprodukte en word gebruik as ’n preserveermiddel. Swaeldioksiede is volgens die British Journal of Diseases of the Chest veilig vir meeste mense, maar kan aanleiding gee tot asma in mense wat sensitief is vir dit. Die dat jy so begin hoes nes jy daai mango sappie drink! Sommige mense kan ander newe effekte ook toon soos maagpyn en spysverteringsprobleme en dan natuurlik “bloating” om dit dan nou maar in engels te noem.

Die dat my ou Boetie sê dit voel vir hom soos of hy ’n babalas het!

Nou ouens, die Droëvrugte wat ons verkoop by Biltong and More kom met al die beste kwaliteite van goeie vrugte en is sonder al die preserveermiddels wat ons nounet hier bo genoem het.

Jaco ons Neef daar in Mozambiek is ’n kenner in die gebied met meer as 20 jaar ondervinding van vrugte en hoe dit gedroog word en dit is hoekom ons hierdie vrugte aan ry van Mozambiek af tot waar jy dit hier in Suid Afrika kan geniet.
Afrifruta is die enigste maatskappy in Africa in die Suidelike Halfrond wat organies gesertifiseerde gedroogde mangos vervaardig.
As jy nou sommer lus is vir ’n lekker gedroogde vrug klier hier om te proe hoe die beste droëvrugte in Africa veronderstel is om te proe https://biltongandmore.co.za/dried-fruit/

biltong and more dikpelle

Leave a Reply