Iets wat baie interessant was is dat 64% van Pa’s NIE die tipiese “World Best Dad” ietems geniet nie, so bly maar weg van dit af, en 79% van Pa’s beweer dat hulle met hulle Kinders “BOND” deur saam met hulle iets te eet.
Nou.. omdat ons in Suid-Afrika bly en ons weet dat alle Pa’s hou van eet, het ek en my Tweeling Broer ook besluit om ’n studie te doen, waar ons reguit vir die Pa’s 3 vrae vra en dan vir hulle die geleendheid gee om die jaar die vadersdag geskenk te kry wat hy nog altyd wou gehad het.