Koffie en Snacks by die werk verhoog produktiwiteit.
Laat jou werkers werk soos ’n ge-oliede masjien sonder dat dit jou ’n sent ekstra kos.
Volgens ’n studie wat (Order in) (https://www.orderin.com.au/go/blog/benefits-of-coffee-in-the-office) in Austrialia gedoen het, het koffie en die bediening van eetgoed by die werk ’n groot invloed op die welstand en gemoedstoestand van werknemers.
Volgens Jura Australia het koffie in die kantoor ’n positiewe uitwerking op die volgende aspekte van jou werknemers se lewens.
Pyn verligting.
’n studie (https://pubmed.ncbi.nlm.nih.gov/22943590/) wat gedoen is deur die National Institute of Ocupational Health beweer dat 2 koppies koffie jou spierpyn kan verlig met tot 48%. As ek net dink hoe dit vir ons Ouma gewerk het maak diè nogal baie sin.
Etiese gedrag.
’n Studie wat in 2014 al gedoen is wys dat mense wat koffie drink NIE so maklik hulle shit verloor nie.
Dit wys jy gee om.
Studies beweer dat werknemers voel hulle base gee meer om as hulle koffie en snacks by die werk kry.
Verhoog produktiwiteit.
Hierdie dink ons is eintlik soos ’n no-brainer, veral as ek na my ou broer kyk wat absuluut nie veel kan doen voor hy nie koffie in het nie. Hierdie selfde studie beweer dat 80% van mense hulle beste gee eers nadat hulle koffie gedrink het.
Verhoog die positiwiteit.
40% van werknemers beweer dat hulle meer konstruktief kan werk met hulle kolegas as hulle koffie gedrink het.
Verhoog moraal.
’n Studie toon ook dat 37% van werknemers eerder verniet koffie by die werk wil hê as ’n kersfeespartytjie. Werknemers voel basies hulle base hou van hulle deur eetgoedjies verniet by die werk te kry.
My man mal oor biltong en biltongsticks maar moet lekker droog wees asb isdaar miskien n pryslys asb?
Hi Mari
Dis sommer Skitterende nuus. kliek hier op die link en bestel sommer so.. Ek sal onthou om lekker droe biltong te hou vir U man. lekker dag verder. Skryf sommer op die comments as u betaal dat dit lekker droog moet wees. https://biltongandmore.co.za/biltong/